Die Heilige Gees en die Gees van Christus
Is die Heilige Gees en die Gees van Christus een en dieselfde? Dit word algemeen aanvaar in die Christenwêreld dat alle ware Christengelowiges die Heilige Gees ontvang het. Sommige sal stry dat die Gees van Christus nie ter sprake is nie, totdat tekste soos Rom. 8:9 en Gal. 4:6 aan hulle uitgewys word. Daar word dus nie baie hieroor gedebatteer nie. Maar waar die verskil lê is dat die meerderheid Christene wat die ontvang van die Gees van Christus in die gelowige erken, sal sê dat dit niks anders is as die Heilige Gees nie. Die Heilge Gees is vir hulle een en dieselfde as die Gees van Christus.
Maar is dit so? Die feit dat ek gebore is met ‘n liggaam en ‘n siel beteken natuurlik nie dat die twee een en dieselfde is nie. Net so, beteken die feit dat die gelowige die Heilige Gees het asook die Gees van Christus wat in hom woon, nie dat die twee een en dieselfde is nie.
Miskien dink jy by jouself: nee wat, dis net onnodige haarklowery. Nee, dit is nie. Want as jy die onderskeid nie behoorlik maak nie, gaan dit jou geestelike groei belemmer. Dit sal nie jou verlossing in Christus raak nie, maar dit sal ‘n onnodige hindernis plaas op jou geestelike avontuur om Jesus Christus beter te leer ken, te waardeer en lief te hê. Het jy geweet dit is waaroor die ewige lewe eintlik gaan? Om God en Jesus Christus beter te leer ken? Joh 17:3 sê: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” God wil hê ons moet groei in kennis van Jesus Christus “…totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus….” – Efes 4:13.
Te dikwels word Christus misgekyk en word dit wat die Gees van Christus behels, verkeerdelik toegedig aan die Heilige Gees. Die gevolg is dat talle gelowiges nie Christus werklik leer ken nie. Sommige sien Hom net as Jesus van Nasaret – een wat opgevaar het na die hemel en sedertien nie veel te doen het met wat daarna op die aarde gebeur nie. So ‘n vertroebelde perspektief maak dat die gelowige nie sy of haar Christenskap na behore uitleef nie. Christus word nie werklik gemanifesteer in daardie persoon se uiterlike doen en late nie.
Die drie-
Kom ons kyk of jy tussen reg en verkeerd kan onderskei met betrekking tot die volgende stellings wat verondersel is om in die Bybel te wees.. Sommige is egter doelbewus foutief weergegee. Sien of jy dit kan identifiseer sonder om jou Bybel te raadpleeg:
1. in die Heilge Gees lewe ons [gelowiges], beweeg ons ….
2. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die
hele waarheid lei…
3. ek leef nie meer nie, maar die Heilige Gees leef in my…
4. hy wat die Heilge Gees het, het die lewe…
5. want vir my is die lewe die Heilige Gees…
6. die Heilige Gees sal die wêreld oortuig van sonde …
7. die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid … dit is die Heilige
Gees onder [of in] julle, die hoop van die heerlikheid.
Nommers 2 en 6 is korrek. Nommers 1,3, 4, 5 en 7 is verkeerd in die opsig dat elke keer as dit verwys na die Heilige Gees, moet dit eintlik na Christus verwys. Kyk weer na die volgende tekste:
1. Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Chritus leef in my… (Gal. 2:20).
2. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
(Kol. 3:3)
3. In Christus lewe ons, beweeg ons … (Hand. 17:28)
4. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie
die lewe nie. (1 Joh 5:12).
5. Want vir my is die lewe Christus… (Fil. 1:21).
6. .. Christus, wat ons lewe is … (Kol. 3:4).
7. … Christus is alles en in almal [wat ware gelowiges is]. …(Kol. 3:11).
8. .. hierdie geheimenis… Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle
hoop op die heerlikheid. … (Kol. 1:27 – 1983 vertaling).
9. Maar wie die Here aanhang [Hom met die Here verenig – 1983 vetaling] is
een gees met Hom. (1 Kor. 6:17).
10.… julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
(Kol. 2:10).
Die Heilige Gees word nêrens in die Skrif voorgestel as die lewe van die gelowige
nie. Nêrens word Hy genoem die “alles” van die gelowige nie. Nêrens word geleer dat
jou lewe verborge is met of verswelg is deur die Heilige Gees nie. Die inhoud van
die geheimenis wat aan Paulus geopenbaar is, is oor Christus in ons, nie oor die
Heilige Gees in ons nie. Ons is in gees met Christus verenig, nie met die Heilige
Gees nie. Dus is ons eenwording met Christus, sodat ons kan sê ons is saam met Hom
gekruisig, het saam met Hom opgestaan (Rom. 6:4-
Die Heilige Gees het sy eie rol om te vervul. En Sy rol is anders as die van die
Gees van Christus. Die Heilige Gees – en nie Christus nie-
“…. maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” – Joh. 14:26.
“Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.” – Joh. 15:26
“… en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel…”
-
“…. Hy [sal] julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor sal hy spreek ….” – Joh. 16:13.
Die Heilige Gees – en nie Christus nie – oortuig die ongelowige van sy sondestand en van die waarheid van die evangelie van Christus. Die Heilige Gees – en nie Christus nie – is die leermeester, die onderwyser, van die gelowige. Die Heilige Gees leer die gelowige meer van wie Christus is om hom te help om Christus beter te leer ken.
Die ware evangelie vir ons tydvak gaan oor Jesus Christus. Dis die evanglie wat Paulus
direk van Christus Homself ontvang het (Gal. 1:12). Dis wat Hom laat skryf het:….
want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus,
en Hom as gekruisigde (1 Kor. 2:2). Party mense sê dis nou die era van die Heilige
Gees (bedoelende daarby dat Christus nou nie meer so prominent in God se plan is
nie). Dis nie vir ons om die evangelie van Christus af te water of te vertroebel
nie of iets daarby te voeg nie. Paulus gaan sover om te sê vervloek is hy wat ‘n
ander evangelie bring (Gal. 1:8-
As jy eers begin het om die evangelie van Christus wat gekruisig is en nou in ons
as gelowiges woon, rêrig te verstaan – ek bedoel die trefwydte en diepte daarvan
-
1933 Afrikaans vertaling gebruik, behalwe waar anders aangedui.
Johann Grobler