Die Heilige Gees en die Gees van Christus

Is die Heilige Gees en die Gees van Yahshua een en dieselfde?  Dit word algemeen aanvaar in die Christenwêreld dat alle ware Christen gelowiges die Heilige Gees ontvang het. Sommige sal stry dat die Gees van Yahshua nie ter sprake is nie, totdat tekste soos Rom. 8:9 en Gal. 4:6 aan hulle uitgewys word. Daar word dus nie baie hieroor gedebatteer nie. Maar waar die verskil lê is dat die meerderheid Christene wat die ontvang van die Gees van Yahshua in die gelowige erken, sal sê dat dit niks anders is as die Heilige Gees nie. Die Heilge Gees is vir hulle n aparte persoon wat nie Yahshua is nie.

Wel is dit so, as n mens na die skrif kyk dan sien ons dat Vader Yahweh is heilig en dat Hy geestelik is, En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,  Lev 22:32 , Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.  Joh 4:23. Wat baie belangrik is ook om te sien dat die Vader Yahweh n ander titel het naamlik die Heilige Gees, Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.  Mat 1:1. Die bybel se baie keer dat Yahshua is die seun van Yahweh. Dus kan aanvaar word dat Yahweh ook die Heilige Gees is, daar is nie an ander persoon of n derde persoon wat “God die Heilige Gees” genoem word of bestaan nie.

Miskien dink jy by jouself: nee wat, dis net onnodige haarklowery.  Nee, dit is nie. Want as jy die onderskeid nie behoorlik maak nie, gaan dit jou geestelike groei belemmer. Dit sal nie jou verlossing in Yahshua raak nie, maar dit sal ‘n onnodige hindernis plaas op jou geestelike avontuur om Yahshua beter te leer ken, te waardeer en lief te hê. Het jy geweet dit is waaroor die ewige lewe eintlik gaan? Om Yahweh en Yahshua beter te leer ken? Joh 17:3  sê: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”  God wil hê ons moet groei in kennis van Jesus Christus “…totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus….” – Efes 4:13.

Yahshua is nou in alle gelowiges nadat hy opgevaar het na die hemel. Deur middel van Vader Yahweh se Heilige Gees kan Hy nou in all gelowigies teenwoordig wees. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  1Co 15:45. Yahshua is die hoof van die kerk ook genoem sy liggaam, dus het hy die heilige gees op pinksterdag op die mense uitgestort, Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.  Act 2:33. Yahshua kan ook deur middel van die heilige gees met die apostels kommunikeer: tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;  Act 1:2.  Dit is presies hoe Yahshua met ek en jou komminikeer, deur middel van die heilige gees wat bekend staan as Yahweh se gawes en sy natuur en wat in ons is.

Dus kan u sien dat daar nie n ander person wat “God die Heilige Gees” is nie. Kyk wat se Paulis: Die Here(Yahweh) is die Gees, en waar die Gees van die Here(Yahweh) is, daar is vryheid.  2Co 3:17. Ons kan ook net deur een gees toegang kry tot ons Vader Yahweh: want deur Hom het ons toegang deur een Gees tot die Vader.  Eph 2:18. Die gevolg is dat talle gelowiges leer nie werklik vir Yahshua en ken hom nie.  Sommige sien Hom net as Jesus van Nasaret – een wat opgevaar het na die hemel en sedertien nie veel te doen het met wat daarna op die aarde gebeur nie. So ‘n vertroebelde perspektief maak dat die gelowige nie sy of haar Christenskap na behore uitleef nie. Yahshua word nie werklik gemanifesteer in daardie persoon se uiterlike doen en late nie.

Die drie-eenheidsleer wat deur die meeste Christene aanvaar word, maak ‘n onderskeid tussen die drie “persone” of “persoonlikhede” van Vader, Seun en Heilige Gees. Daar is ‘n eenheid tussen die drie, maar daar is ook ‘n onderskeid tussen die drie. Hierdie kerk leer maak dit nog moeiliker vir christene om Yahweh en sy Seun Yahshua te leer ken.

Kyk na die sketse hier onder miskien kan dit u help om te sien dat daar net een Heilige Gees is en dit is Vader Yahweh en sy Seun.
Werking van Die Heilige Gees
Wie is die "God die Heilige Gees"
Top Searches:
Do You Believed Your Bible
Jesus Came Down From Heaven|Really?
John 3:13 - No one has ascended into heaven...
36 Proofs From The New Testament Jesus Is Not God
Who is “The I Am” John 8:24
The 3rd Person of the Trinity is Jesus- Christ's Father?
Many more - Articles

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4