So baie mense wat in die huidige kerke is dink hulle is gered, daar word vir hulle gesê, glo net en jy sal gered word, gee jy hart vir Jesus en jy sal gered word, glo aan Jesus en so aan. Die ding is wat moet jy glo, moet jy net aan die persoon van Jesus glo dat hy bestaan en die seun van God is en aan die allerrand mooi dinge omtrent hom, of moet jy glo wat hy sê?

Dit is hier waar die volende probleme is, Yahshua het gesê, ek het net gekom vir die verlore stamme van Israel, nie vir die ander nasies nie. Wie glo hom?, is dit nie maar een van die probleme wat ons het nie ons glo hom nie. Hier sê hy, (Matt 15:24 [PWL]) Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde skape van die huis van Yisra’el,” (Matt 10:6 [PWL])
maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el. Daar is nog baie ander verse wat hier aangehaal kan word. As jy jou self beskou as n heiden dan het Yahshua nie vir jou gekom nie dan is jy ‘n Goyem soos die Jode sal sê.

Yahweh ons God is die verlosser vir Israel alleenlik,
(Isa 47:4)"Ons VerlosserSy Naam is Yahweh van die leërskare, die Heilige van Israel."  Net hier is die volgende probleem, die Woord van Yahweh sê HY Yahweh is die verlosser  (Isa 48:17)"So sê Yahweh jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek IS Yahweh JOU GOD."  Yahweh het ander verlossers gestuur na Israel wat namens Hom opgetree het as verlosser. ▪︎(Judges 3:9)"Maar toe die kinders van Israel Yahweh aanroep, het Yahweh ’n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb." en weer ▪︎(Judges 3:15)"Maar toe die kinders van Israel Yahweh aanroep, het Yahweh vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ’n man wat links was."  Daar kan nog baie ander verse aangehaal word. Kom ons kyk wat sê die nuwe testament. ▪︎(Act 13:23)"Uit die nageslag van hierdie man(David) het God(Yahweh) vir Israel, volgens die belofte, Yahshua as Verlosser verwek." Sien u wie is die eindelike verlosser en wat het die verlosser kom sê wat ons moet doen om gered te word. Gaan u Hom glo?????????

Besef julle Messia is slegs deur Yahweh opgewek om n sekere Verlossingswerk te doen, net soos Moses, Simson, Òtniël en Ehud en elke liewe persoon wat aan Israel vryheid bewerk het. Maar Yahweh is en bly steeds ons Verlosser. Hy moet aangeroep word en Hom kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid.

Kom ons sien wat ons verlosser sê en of u hom gaan glo: Hier sê Johannes die doper vir die Israeliete: (Matt 3:2 [PWL]) en gesê: “Draai weg van julle sondes na God(Yahweh) toe, want die Koninkryk van die hemel is naby!” en weer (Matt 3:8 [PWL]) Produseer daarom vrugte wat waardig is aan een wat weggedraai het van sy sondes na God(Yahweh) toe. Hierdie het Johannes die doper gesê nog voordat Yahshua begin het met sy predeking. Daar is nog baie ander verse, maar kom ons kyk wat het Yahshua homself gesê: (Matt 4:17 [PWL]) Van daardie tyd af aan het Yeshua begin om te verklaar: “Draai weg van julle sondes af na God(Yahweh) toe, want die Koninkryk van die hemele is naby!”  Hy het dieselfde begin verklaar wat Johannes die doper gesê het, “draai weg van julle sonde af terug na YahweH julle God”  Hier is ‘n groot probleem, dit is NIE wat die kerke sê Nie. Hulle sê net glo net aan Jesus en jy sal gered word.  Wel dit is NIE wat Yahshua sê NIE. Dit beteken die Israeliete moet terug draai van hulle afgodery (drie eenige gode) en hulle vermenging, en Hom (Yahweh)weer gehoorsaam wees en na sy Gees wat in jou is te luister. Sy wette te onderhou en Hom gehoorsaam te wees. Wel glo jy Yahshua wat Hy sê. (Matt 11:20 [PWL]) Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, aanspreek omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God(Yahweh) toe nie.
Daar is nog baie ander verse oor wat Yahshua gesê het dat jy moet terug draai na Yahweh jou God.
Glo jy Hom????? of glo jy net aan hom. As jy net glo aan hom (jesus een van die drie eenige gode) dan het jy ‘n groot probleem, jy is nie gered nie.!!!!

Sover het ons gesien dat Yahshua namens Yahweh as verlosser gekom het vir Israel en dat Hy Yahshua gesê het dat hulle moet weg draai van hulle sonde af na Yahweh hulle God van Abraham Isaac en Jacob.  Yahweh ROEP ONS NA "HOMSELF" DEUR DIE BOODSKAP VAN MESSIA:
(Efes1:5+6)"Deurdat Hy(Yahweh) ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir HOMSELF aan te neem DEUR YAHSHUA MESSIA, na die welbehae van Sy wil, tot lof van die heerlikheid van Sy genade waarmee Hy(Yahweh) ons begenadig het in die Geliefde(Yahshua)."

MAAR JULLE WIL Yahweh NIE AS GOD HÊ NIE:
(Gal1:6)"Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom(Yahweh) wat julle deur die genade in Messia geroep het." ¶(Jer2:6)"En hulle het NIE gesê: Waar is Yahweh wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ’n land van wildernis en kuile, in ’n land van droogte en doodskaduwee, in ’n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?"

TERWYL ONS MOET BEKEER NA Yahweh:
¶(Jer4:1)"AS jy jou bekeer, Israel, spreek Yahweh, bekeer jou tot My." (2Kron30:6)"Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel, bekeer julle tot Yahweh, die God van Abraham, Isak en Israel." (Hand14:15)"Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God "Yahweh" wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het." ¶(Hand26:20)"Maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene(verlore stamme van Israel) verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God (Yahweh) bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas."

JULLE SOEK N SIGBARE GOD:
(Rom1:25)"Hulle wat die waarheid van God(Yahweh) verruil het vir die leuen en die skepsel(Seun Jesus) vereer en gedien het bo die Skepper(Yahweh) wat geprys moet word tot in ewigheid. Amein."
DAAROM HET JULLE DIE MIDDELAAR IN DIE PLEK VAN GOD GESIT!
(1Tim2:5)"Want daar is EEN GOD (Yahweh) en EEN MIDDELAAR tussen GOD (Yahweh) en die mense, DIE MENS MESSIA YAHSHUA." Yahweh verander nie Sy boodskap bly dieselfde (Ps 89:34 [AfrBybel]) Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie. Met ander woorde as Yahweh sê Hy is net die God van Abraham,Isak en Jacob(Israel) dan bly dit so en Yahshua het ook net gepraat wat Yahweh aan hom gesê het wat hy moet spreek niks anders nie. (John 14:24 [PWL]) Hy wat My nie lief het nie, gehoorsaam nie My boodskappe nie en hierdie boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader af wat My gestuur het.
Sien u die boodskap bly dieselfde keer tureg na Yahweh lulle God.

Kan u sien dat jy nie net jou hart vir liewe Jesus kan gee nie. Jy sal moet wegdraai van jou sonde na Yahweh jou God. Jy sal Yahshua moet glo wat hy sê. Die volgend probleem is, die drie eenige gode. Dit is baie duidelik dat ons nie enige ander gode mag hê voor die aangesig van Vader Yahweh nie. (Exod 20:3 [AfrBybel]) Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag nie eers hulle name uit jou mond spreek nie. (Exod 23:13 [AfrBybel]) En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie. Dit is baie belangrik want as Jesus jou god is, dan het jy ‘n ander god, hy is ‘n man nie ‘n god nie en dan doen jy wat in (Rom1:25)"Hulle wat die waarheid van God(Yahweh) verruil het vir die leuen en die skepsel(Seun Jesus)) vereer en gedien het bo die Skepper(Yahweh) wat geprys moet word tot in ewigheid. Amein." Daar is baie ander vers omtrent dit wat Yahweh sê, Hy sê daar is niemand voor Hom of na Hom, Hy is alleen, een persoon nie drie nie. Nou wat sê Yahshua Sy verlosser omtrent Hom, gaan jy Yahshua glo???  (Matt 4:10 [PWL]) Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou teëstander, want daar is geskrywe: ‘Aanbid
יהוה, jou God en dien Hom alleen’.” Hier sê Yahshua wie God is en ons moet Yahweh alleen aanbid. (Mark 12:29 [PWL])
Yeshua antwoord hom: “Die eerste van al die opdragte(wet) is: ‘Luister, hoor en doen Yisra’el,
יהוה is ons God, יהוה is Een’  Sien u Yahshua sê Yahweh is een, een persoon en Hy is nie deel van die onverduidelike mysteries god nie, Hy sê dat Yahweh is sy Vader en Sy God, of is Hy besig om ons te bedrieg soos ‘n kul jou hier en kul jou daar kunstenaar. (John 20:17 [PWL]) Yeshua sê vir haar: “Moenie My vashou nie, want Ek het nog nie opgegaan om by My Vader te wees nie, maar gaan na My broers toe en sê vir hulle: ‘Ek gaan op na My Vader en julle Vader en My God en julle God’.” Nadat Yahshua opestaan het uit sy graf, het Hy dit aan Miryam gesê. Is hierdie nie baie belangrik wat Yahshua gesê het nie. Gaan u hom glo wat Hy sê of gaan u net aan Hom glo. As u net aan hom glo dan glo u net niks wat Hy gesê het nie. Daar is baie artikels oor  hierdie onderwerp (drie eenige gode) op hierdie webtuiste u kan gerus die webtuiste besoek. Sien die volgende skakels:

1. Hoekom Is Die Probleem Van Drie Eenheid Van God So n Groot Probleem.
2. Moenie ‘n “unplug” Christen wees nie.
4. HOEKOM EK NIE IN ‘N DRIE-ENIGE GODHEID GLO NIE.- Deur Johann Grobler
5. Is God regtig Drie–in–Een?
6. Kom Uit Die Hoer Se Kerke
7. Niemand Glo Yahshua Nie
8. Die Kerke se Bileam Leerstelling wat Yahshua teen hulle het
10. Die Drie-eenheid Vormveranderde God

Sien meer by die volgende skakel
Peter Porter



Is Jy Gered As Jy Jou Hart Vir Jesus Gee?

Come Out of her the mother of all whores and her dauthers Rev 17:1-7, Rev 18:4