Heb. 1:1-2  ...die Seun wat Hy [God] as erfgenaam van alles aangestel het.... [Nota: As Jesus God was op gelyke vlak met hom, dan maak dit nie sin dat God hom erfgenaam gemaak het nie.]
Paulis se .. vir ons wat in Christus is .. is daar net een God...

1 Kor 8:6
..tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Jesus aanbid ook vir God - Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons (Jesus en die Jode)aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Joh 4:22

Kom ons kyk nou na die tekste wat gewoonlik gebruik word om die Drie-enigheid van God te verdedig:

Tekste wat suggereer Jesus het vanuit die hemel aarde toe gekom met sy geboorte as mens.
Joh. 3:13.  ….Niemand op die aarde was al in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.
Joh 6:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.  
Joh. 6:38 Ek het nie van die hemel af gekom om my wil te doen nie maar die wil van Hom wat My gestuur het.
1Co 15:47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  

Dit beteken nie dat Jesus letterlik uit die hemel afgekom het nie. Dit was algemene segswyse by die Jode om te sê iets kom uit die hemel as bedoel word dat God die oorsprong daarvan was. Die Jode sou nie Johannes se woorde verstaan het asof Jesus God was wat in die vlees vanuit die hemel aarde toe gekom het nie. Wat Johannes bedoel het, was: God wat in die hemel woon is die oorsprong van Jesus Christus. Jesus was Sy plan. Ons praat ook soms van seёninge wat ons van Bo ontvang en dan bedoel ons nie dat dit letterlik uit die hemel neergedaal het nie. Die Bybel praat ook in sulke terme, bv. Jak. 1:17: Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. So is Johannes die Doper ook deur God gestuur, maar nie letterlik vanuit die hemel nie (Joh. 1:6). Vergelyk ook Jesus se woorde (in gebed aan sy Vader) in Joh. 17:18: Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het ek hulle [sy dissipels] ook na die wêreld toe gestuur. Niemand sal dit vertolk asof die dissipels vanuit die hemel uitgestuur is nie.

Tekste wat suggereer dat Jesus van ewigheid af bestaan het
Joh. 8:58  Jesus antwoord hulle: “Dit verseker Ek julle: Ek is wat Ek is. Voordat Abraham gebore is, was Ek al daar.
Kommentaar: Dat Jesus gesê het, Ek is wat Ek is (Grieks: ego eime) beteken nie dat hy gesê het hy is God nie. Die antwoord van die blinde man wat genees is, is in Joh. 9:9 is presies dieselfde Grieks. Jesus het nie bestaan voor Abraham nie. Hy het wel bestaan in God se raadsplan van voor die grondlegging van die wêreld (sien Efes. 1:4). Hy was die Messias waarvan geprofeteer was voor Abraham.
Jesus was eerste voor Abraham uit die dood weergebore in sy huidige hemelse liggaam wat ons ook gaan kry met die wegraping of opstanding.

Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.  

Kommentaar: Jesus het gebid dat die heerlikheid wat God die Vader in gedagte gehad het vir hom nog voor die grondlegging van die wêreld, tot vervulling kom. Jesus het nie homself gesien as God wat voorheen glorie gehad het nie. Toe God hom verhoog het na sy opstanding was hy nie net bloot teruggeplaas na dit wat hy voorheen geniet het nie. As Jesus God was, hoekom was hy op die Vader aangewese om heerlikheid te ontvang asook om op Yahweh Vader te vertrou om hom te laat opstaan uit die graf?

Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

Kommentaar:  Jesus Christus as Seun van God en Messias was voor die grondlegging van die wêreld in God se plan en in sy gedagtes. God is liefde. Hy het reeds voor sy bestaan liefde gekoester vir Sy Seun. God het ook voor die eerste mens op die aarde was Sy liefde bewys vir die mensdom deur Sy skepping van die aarde ( Ps 19:1-7, Rom. 1:20-21) en deur Sy Seun op te offer (1 Pet.1:19:20). Vergelyk Jer. 1:5 en 1 Joh. 4:9-10,19

2Kor 8:9 Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.  

Kommentaar: As Seun van God was Jesus ryk gebore. Hy kon as hy wou, toegang kry tot aansienlkke rykdom, mag en ‘n baie gemaklike leefstyl. In Ps 2:8 sê God aan Sy Seun: “ Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.“ Hy kon duisende engele oproep om hom te help. Hy het egter getrou aan die profesieë ‘n nederige leefstyl verkies. Hy het nie sy eie slaapplek gehad nie (Mat. 8:20). Die rykdom waarvan ons praat het niks te doen met die hemel nie. Hierdie vers sê nie dat Jesus voorheen in die hemel was met aansienlike rykdom nie.

In Kol. 1:15 (OV) word Jesus genoem “die Eersgeborene van die hele skepping”. Dit beteken hy was deel van God se skepping. Hy is eersgeborene omdat hy die eerste een is in die skepping wat deur God uit die dood opgewek is tot ewige lewe. Mat 1:18 praat in die Grieks van die “genesis” (letterlik, die begin) van Jesus Christus. Ons lees ook dat Hy nie outomaties ewige lewe gehad het nie, maar dat dit God die Vader is wat dit vir hom gegee het (Joh. 5:26). Nadat Jesus in die hemel is se Paulis dat hy steeds van die krag van Vader Yahweh lewe – 2 Kor 13:4 Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God. Sien ook Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Sien ook Joh 6:57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Joh 6:57

Die naam “Emmanuel”
In Mat 1:23 in die konteks van die geboorte van Jesus, word verwys na 'n profesie oor hom in Jesaja 7, waar gesê is dat hy Emmanuel genoem sal word, wat beteken God by ons. Ons weet God was met ons in Jesus Christus en dat Jesus self gesê het dat as jy hom gesien het, het jy die Vader gesien. Name wat God gee het, het dikwels simboliese betekenis. Dieselfde geld vir die Leeu van Juda en die Lam van God. Deur die naam Emmanuel te gee wil God hê ons moet verstaan dat deur Jesus Christus, was God met ons – het Hy ons besoek. Dit was nie letterlik so nie, maar wel so deur sy Seun. Sien 2 Kor. 5:19 : ...dat God deur Christus [Grieks is in Christus], vgl 1933/53 vetaling] die wêreld met Homself versoen het... God was in Christus. Dit beteken nie Christus was God nie. Dit is soos die Christene van vandag “Christus in ons”

Joh 1: Jesus was die Woord en was God van die begin af?
Die Griekse woord vir die Woord is logos. Dis belangrik om eers vas te stel wat beteken logos. Dit beteken die verbalisering of woordelikse uitdrukking van 'n gedagte wat 'n plan of idee behels. Dit sluit ook in 'n rasionele verduideliking van iets in ons leefwêreld. Dit is waar die woord “logies” vandaan kom.
Die woord “Woord” in Johannes 1 is deur die drie-eenheid vertalers met hoofletter W geskryf, en dit is omdat hulle geglo het in die tradisionele leerstellling van die vleeswording van “die tweede Persoon van die Godheid”.
Joh. 1:1-3a (sonder drie-enigheid leesbrille) behoort te lees:
________________________________________________________________________________________
Sien die eerste definisie in Vine's Expository Dictionary of New Testament Words, bl. 1252.
Die woord “logos' kom voor meer as 300 keer in die Nuwe Testament en in meeste vertalings word dit net 7 tot 10 keer met 'n hoofletter begin.
________________________________________________________________________________________

In die begin was daar die skeppingsdoel van God. Dit was by God en was 'n uitdrukking ten volle van wie God was. Alles wat bestaan, het deur dit tot stand gekom.”
Jesus het self gese dat die woorde wat hy spreek was nie van homself nie maar van sy Vader sien Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Joh 14:10,sien ook Joh 3:34,Joh 8:55 daar is nog meer verse as u die boek van Johannes lees. So is Jesus in die christene vandag en hulle in hom.

As ons die vertaling voortsit:
:4 In dit was lewe en die lewe was die lig van die mensdom.
:5 En die lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie uitgedoof nie.
:6   Daar het gekom 'n man wat deur God gestuur is, genaamd Johannes.

Die verse wat volg word meestal verkeerd vertolk:
Die ware lig was God (1 Joh 1:5) - Hy wat Johannes gestuur het. God het die wêreld binnegekom. God wat die wêreld geskep het, het die wêreld besoek deur sy eniggebore Seun, maar die wêreld het Hom nie geken nie. Deurdat hulle Sy gesant verwerp het, het hulle Hom verwerp. (Sien ook die betekenis van

Emmanuel
, wat ek hierbo behandel het.]
In vers 14 lees ons die logos het vlees geword. Die skeppingsdoel (die Woord) van God het gestalte gevind in die mens, Jesus. So moet die logos in ons ook gestalte kry.

Jesus het alles geskape?
Kol. 1:15-17
  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;  
want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.  
En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.  

[Nota: In die Grieks (asook Hebreeus) verwys die woord “alle” nie noodwendig letterlik na “alle” nie. Byvoorbeeld in 1 Joh. 2:20 skryf Johannes dat sy lesers “weet alles”. Ons weet dit kan nie letterlik waar wees nie, want niemand op aarde weet alles nie. Na my mening is 1 Kor. 10:23 ook ‘n voorbeeld: Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie… Ander voorbeelde in die Ou Testament is 2 Sam. 7:14 en Jer. 26:8. ‘n Ander aspek wat hiermee saamgaan is die beeldspraak bekend as inclusio. Tussen die twee uitdrukkings in die passasie dat alles deur hom geskape is, word daar nie verwys na
________________________________________________________________________________________
Die Grieks het weliswaar ‘n manlike voornaamwoord, maar dit is alleenlik omdat, soos talle klassieke tale, ‘n geslag toegeskryf word aan ‘n bepaalde selfstandige naamwoord. Logos is manlik in Grieks. Die vertaler moet dus in ‘n taal soos Afrikaans of Engels die voornaamwoord aanpas soos die konteks bepaal. Omdat die begrip “raadsplan” en ‘woord” neutraal in Afrikaans is, is ‘dit’ die korrekte vertaling. ‘n Vertaler met ‘n “Drie-eenheidsbril op, wat aanvaar “Woord” verwys na Christus, sal “Hy” gebruik, maardan word die betekenis van die vers vertroebel.
Wysheid, so leer Spr. 8:23, was ook van die begin, voor die bestaan van die aarde.
________________________________________________________________________________________
diere, bome en plante nie, maar na trone, heerskappye, owerhede en magte. Hierdie begrippe gee die konteks van die stelling. Daar is gesagsposisies wat Christus nodig het om sy Kerk te te bestuur, beide in die realm van engele en die mensdom self. Al daardie posisies, sigbaar en onsigbaar, is deur Christus geskep. Onthou alle mag in die hemel en op aarde is aan hom gegee (Mat. 28:18). As dit bedoel was om te beweer dat Jesus letterlik alles op aarde geskape het, dan sou mens verwag het woorde soos plante, visse, voёls en diere ens. Volgens Gen. 2:4, Job 38 en Ps 104 was dit Yahweh wat alles op die aarde geskep het.]

Hebr. 1:1-2   Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld (tydperk) gemaak het.  

[Nota: Hierdie vers is ook met “drie-enigheidsbrille” vertaal! Die word “wêreld” is nie die beste vertaling nie. Die Grieks is aion, wat beteken eeue of tydperke (Eng. ages). Dit is vertaal as eeue in Efes. 2:7, 3:9 en Kol. 1:26. As ons kyk na die konteks dan is dit duidelik dat hier nie bedoel word dat Jesus die wêreld geskape het nie. Dit sê dan juis dat God het in die laaste dae deur Sy Seun gepraat en in die verlede op ander maniere. As Jesus die skepper was, hoekom het God dan nie van die begin af deur Jesus gepraat nie? Hou in gedagte dat God deur Sy skepping met die mens praat (Ps 19:1-4, Rom. 1:19,20). Kyk ook na Hebr. 1:4: eers na sy opstanding en hemelvaart het hy hoёr rang as die engele beklee!

Die woord “gemaak” is ook nie die beste vertaling nie. Die Grieks is poieo, wat ‘n wye betekenisveld het. Dit kan bv. ook beteken voortbring, formeer, veroorsaak ens.

Wat beteken die vers dan? As ons kyk na die konteks: dat God deur Jesus kommunikeer in die laaste dae en dat God na sy opstanding hom aan Sy regterhand laat sit het en erfgenaam van alles gemaak het , dan verwys die eeue of tydperke na die tye na Jesus se opstanding. Die beter vertaling van die vers is: ….het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur Sy Seun, wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook gestalte gegee het aan die eeue {of dispensasies] [wat voorlê]. Ons weet dat in hierdie tydvak wat as die Genade of Kerk –tydvak beskryf kan word, is Jesus die Hoof van die Kerk en die een deur wie genade moontlik gemaak is. Ons weet ook dat hy as Koning gaan regeer in die duisendjarige Koninkryk. Kortom: God gebruik Jesus as “Sleutelpersoon” in al sy toekomsplanne.

Tomas het Jesus genoem “my God?”
Sien Joh. 20:28-29
Die oorspronklike Grieks lees: “die Here van my en die god/God [theos] van my.” Die dissipels het Jesus nie beskou as God nie. Daar is geen ander vers waar die dissipels na Jesus as God verwys nie.
________________________________________________________________________________________
In Gen. 1 word verwys na Elohim as die Skepper. Daar is egter heelwat menigsverskil oor die betekenis van Elohim en daarom word dit nie hier behandel nie. Feit is, daar is talle Skrifte wat sê dis Yahweh wat geskep het en as ander sou sê dit was Jesus, dan is daar weersprekings in die Bybel (wat net eenvoudig nie moontlik is nie.)
Die Griekse woorde vir wêreld is kosmos en oikoumene.
Een bron verklaar dat dit in die NIV met meer as 100 woorde vertaal is.
________________________________________________________________________________________
Toe Jesus vir die dissipels vra: “...wie, sê julle is Ek?” antwoord Petrus: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Mat. 16:16) Niks van dat Jesus God is nie. En Jesus antwoord hom dat hy gelukkig is want die Vader het dit aan hom geopenbaar.

Die dissipels was vertroud met die Ou Testament profesieë oor die Messias wat sou kom. Hy sou 'n nasaat wees van Eva (Gen. 3:15), gesalf met heilige gees (Jes. 61:1) – 'n salwing wat nie nodig is vir God nie. Hy sou “een van hulle eie mense” wees (Jer. 30:21) – nie God nie. Nêrens het Jesus die dissipels van die drie-eenheid geleer nie.

Die Emmausgangers wat onwetend met Jesus oor homself gepraat het, het na hom verwys as “'n profeet wat magtig was in woord en daad voor God.... Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos.” …. Niks van dat Jesus God is nie of dat hulle gehoop het dat hy God sou wees nie.

So wat ookal Tomas bedoel het, dit was nie om te sê dat Jesus God is nie. Die ongelowige Tomas, wat nie wou glo totdat hy Jesus se wonde gesien en gevoel het nie, het nie toe hy dit wel sien, skielik geboorte geskenk aan 'n nuwe teologie nie! Jesus het nie op Tomas se reaksie geantwoord: “Geseënd is jy Tomas, want hierdie groot waarheid is aan jou openbaar deur die Vader,” nie.

As ons teruggaan na Joh. 14: 9-11 waar al die dissipels saam met Jesus was die aand voor hy gearresteer was, het Jesus verklaar: “Wie my sien, sien die Vader... Glo in My omdat Ek in die Vader is.” Hou verder in gedagte dat dit in daardie tyd die gebruik was om 'n verteenwoordiger van God, god te noem. Vergelyk Joh. 10:34-36. Dus in alle waarskynlikheid het Tomas bedoel dat die opgestane Jesus werklik een is met God, soos wat Jesus daardie aand aan hulle verduidelik het.

Johannes, wat hierdie gebeure op skrif gestel het, het 'n paar verse daarna verduidelik wat die doel van sy boek was: “Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.” (Joh. 20:31) Niks van dat Jesus God is nie. Johannes het dus nie Tomas se woorde so uitgelê om Jesus se godheid te staaf nie.

Jesus het baie die dissipels geleer “God is in Hom” (soos met Christus wat in die christene is vandag) maar Thomas het nie geglo nie, eers nadat Jesus aan hom verskyn het na die opsatanding het Thomas geglo, hy het dus Jesus erken as sy Heer en nou glo hy God se gees is in Jesus, dus erken hy “my God”

Die volheid van God het in Jesus gewoon?
Kol. 2:9 sê: In Hom is die volle wese van God beliggaam...

God was in Jesus en Jesus in God. Daar was (en is) so 'n eenheid van denke en gesindheid. Sien Joh. 17:21. Maar dit beteken nie dat Jesus God is nie. As Jesus God was, sou die vers net eenvoudig gesê het, “Hy was ten volle God.” Dit maak nie sin om te sê: In God is die volle wese van God beliggaam... Hoe anders? Hoe sal dit klink as iemand vir jou sê: Hi Piet of Sannie, in jou is die volle wese van jouself beliggaam?

Lees ook die volgende vers: ….en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid (Kol. 2:10). Ons wat gered is het ook die volle wese van God in ons, omdat ons één is met Christus! Maar dit maak ons nie God nie!

Ander tekste:
Jes. 9:5
  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Kommentaar: Hier is weer ‘n geval van vertaling deur die bril van die Drie-eenheidsleer. Volgens die Athanasiese Geloofsbelydenis (wat die Drie-eenheidsleer uiteensit) kan Jesus nooit God die Vader wees nie – wat heeltemal korrek is. Dus, as ons aanvaar die vers verwys na Jesus (wat ook korrek is), dan skort daar iets met die woorde “Ewige Vader”.

Eerstens, die woord “ewige” (Hebreeus: ad), kan ook vertaal word “vir die duur van ‘n era of tydvak”. Tweedens, Jesus is nie God die Vader nie, maar hy kan wel gesien word as vader van die komende era – die duisendjarige koninkryk wanneer hy as wêreldheerser gaan regeer. Net soos Jabal vader was van die wat in tente woon en Jubal vader was van die wat op die lier en die fluit speel. (Gen. 4:20-21). Die konteks van die vers gaan oor die Jesus kind wat aan ons gegee is, aan wie heerskappy gegee word en wie se heerskappy en karakter besing en geloof word. Dit pas volkome in by die duisendjarige koninkryk op aarde wat nog voorlê (Openb. 20:4).

Dus is dit beter om ad El te vertaal as “vader van die komende era”.

Die ander probleem is dat nêrens anders in die Bybel word verwys na Jesus as “Sterke God” nie. Die woorde vir “Sterke God” in die Hebreeus is el gibbor. El kan verwys na God, of ‘n god, of ‘n heerser of ‘n held. In Esegiel 32:21 is el gibbor vertaal “magtige krygsmanne”. Die hele Hebreeuse teks is in hoofletters. Dus kan ons nie die hoofletter gebruik om die betekenis vas te stel nie. Net die konteks gaan help. Jesus word nêrens anders God genoem nie. Die meer korrekte vertaling in hierdie vers is “magtige held”.

As ons die” Drie-eenheids bril” afhaal, dan behoort die vers vertaal te word: Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Magtige Held, Vader van die komende era, Vredevors—

Om uit hierdie teks af te lei dat Jesus God is, sou dwaas wees.
________________________________________________________________________________________

Miga 5:1-2   En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.  

Jesus het nie letterlik bestaan voor hy verwek is in Maria nie. Sy oorsprong was in God se gedagtes voor die grondlegging van die wêreld.
________________________________________________________________________________________
Mat. 22:44 & Ps 110:1

Hier is profesie vir die toekoms wat in teenwoordige tyd uitgebeeld word, omdat dit so seker is dat dit wel gaan gebeur.

Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?  

Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete.  
Nota:  Dit is korrek dat in Mat. 22:44 die Here wat tweede genoem word verwys na Jersus Christus. Hierdie is ‘n klassieke geval waar die betekenis verlore gaan omdat daar nie onderskeid gemaak word tussen HERE en Here nie. Hier het die OAV by Mat. 22 nie die onderskeid gemaak nie, terwyl dit wel gedoen is by Ps 110. By Ps 110:1 is HERE in Hebreeus Yahweh (die persoonlike naam van God) en Here is Adon, wat beteken landheer, grondeienaar of meester. Jesus is groter as Dawid, maar die tekste gaan nie sover om te sê hy is God nie.
________________________________________________________________________________________

Mat. 28:19
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees….

Kommentaar: die laaste gedeelte verskyn nie in al die oorspronklike manuskripte nie. Daar is ook geen rekord in die Nuwe Testament dat dit so toegepas is in die Kerk nie. Vergelyk Hand. 2:38. Selfs al hoort dit in die Skrif, bewys dit nie die Drie-enighied van God nie. Net in die vorige vers sê Jesus dat alle gesag aan hom gegee is. As hy God was, hoekom sou dit nodig wees dat dit aan hom gegee moes word? In elk geval het die dissipels bluikbaar nie Jesus se opdrag geglo nie, hulle het almal net in die naam van Jesus mense gedoop en nie soos hy gese het in Matt 28:29 – sien Act 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Act 8:16
________________________________________________________________________________________
Joh. 6:46    Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
Kommentaar: Jesus verwys na homself en dat hy die Vader gesien het. “Sien” in hierdie konteks beteken “ken” of “verstaan”  - soos iemand sal sê: “ek sien nou hoekom jy so vreesbevange gelyk het…” Vgl.Joh. 4:19 en Joh. 14:9. God het Homself aan Jesus geopenbaar (Joh. 5:20 ). Niemand het die Vader geken soos Jesus nie – Hy wat deur God gestuur is om die mensdom te red.
________________________________________________________________________________________
Rom. 9:4-5    Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes, aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.  

Nota: Dit lyk asof vers 5 sê dat Jesus “oor alles is” en dat hy God is…  

Onthou daar was geen leestekens in die oorspronklike teks nie. Die vers kan op verskeie maniere vertaal word, soos sal blyk uit die nagaan van verskillende Bybelvertalings. Die vers eindig met “amen”. Dit eindig met lofprysing van God. Dieselfde gebeur twee hoofstukke verder – sien Rom. 11:33-36. Die korrekte vertaling (sonder die “Drie-eenheids bril”) is soos in die Revised Standard Version. In Afrikaans is dit:
Vir hulle [Israel] was beskore die geloofsvaders, en uit hulle,volgens die vlees, die Christus. (Laat God, wie oor alles is, geseën wees tot in ewigheid. Amen.
________________________________________________________________________________________
1 Kor. 10:4  ….en almal [Israel van ouds] dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
Kommentaar: Daar is geen Bybelteks wat leer dat Jesus Christus saam met Ou Testamentiese Israel was nie. Israel het wel geweet van profesie oor die Messias wat sou kom en hulle het “geestelike voedsel en drank” gekry deur uit te sien na sy koms.
________________________________________________________________________________________
1 Kor.10:9.    En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
Kommentaar: Dit word geargumenteer dat hierdie vers bewys dat Christus interaksie met Israel in die Ou Testament gehad het. Die kant aantekening van die NLV: “Heelwat belangrike manuskripte lees die Here.” Die NIV, Amplified Bible en NASB het Lord i.p.v. Christus. Num. 21:5-6 maak dit duidelik dat dit God (Yahweh) was wat die slange na Israel gestuur het. Hebr. 1:1 leer dat God eers in die Nuwe Testament met die mensdom gekommunikeer het deur Sy Seun.
________________________________________________________________________________________
Fil. 2:5-11  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.  
Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag [iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie – 1983 vertaling] om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.  

Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.  

Kommentaar:
“….die gestalte van God”…. Een van die oogmerke by hierdie hele Skrifgedeelte is om die Kerk in Philippi aan te moedig tot nederigheid en eenheid. Paulus verwys na die voorbeeld van Jesus (Fil. 2:5). Hy was in die gestalte (Grieks: morphe) van God. Dit wil sê, as die Seun van God, het hy ‘n goddelike posisie en gesag gehad, maar nogtans homself diensbaar gestel. Daar is heelwat meningsverskil oor wat morphe beteken. . Die NIV vertaal morphe asof Jesus in sy aard God was, maar dis nie korrek nie.

As hy God was moes die Grieks dit bloot net so gestel het “…. iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie – 1983 vertaling] om aan God gelyk te wees nie…”  As Jesus God was, waarom sou hy hom daaraan vasklou ? Hy wat God is, is God. Outomaties. Jesus, anders as Satan en Adam, het nie aspirasies gehad om gelyk met God te wees nie.

“….het Homself ontledig…”. Daar is hewige debat oor die betekenis hiervan. Het Jesus homself ontledig van sy “Godheid” deur in te stem om as mens gebore te word? As dit die geval was, dan was hy nie God-mens soos wat die “amptelike” Drie-eenheidsleer verkondig nie. Nee, hy het homself ontledig deur ‘n nederige diensbare lewe te lei, gehoorsaam aan God tot die dood toe.

“….sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie….”.  Sommige beweer dit beteken Jesus is God. Buiging van die knie is in Bybelse tye gesien as eerbetoning en nie noodwendig as aanbidding tot n godheid nie. Kyk bv. Waar Lot dit doen teenoor twee vreemdelinge (Gen. 19:1), Abraham teenoor heidense leiers (Gen. 23:7) en Dawid teenoor Jonatan (1 Sam. 20:41). Die volgende vers maak dit duidelik dat dit nie daaroor gaan dat Jesus God is nie, maar dat hy die Here (Meester) is, tot heerlikheid van God (die Vader).
________________________________________________________________________________________
1 Tim. 6:14-16.    ….onse Here Jesus Christus wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie…..

Kommentaar: God word genoem “Koning van konings”. Soms word geargumenteer Jesus is Koning van konings, dus is hy God. Dit is nie korrekte redenasie nie. Dit is soos om te sê: Volkswagen is ‘n voertuig. Mercedes is ‘n voertuig. Mercedes is Volkswagen.

Twee indiwidue kan dieselfde titel hê. God word ook genoem Koning van konings – so ook Nebukadneser(Dan.2:37). Hierdie vers bewys nie Jesus is God nie.
________________________________________________________________________________________
Titus 1:3   
….en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser—aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:

Kommentaar: Dit word soms geargumenteer dat Jesus ons Verlosser is en dat hierdie vers sê hy is God. Hierdie vers handel oor God. God het op die bestemde tyd Sy woord bekendgemaak. Dit is nie net Jesus wat in die Bybel as Verlosser of Redder beskryf word nie. In Jes. 43:10-11 sê Yahweh dat Hy die enigste God en Redder is. Hy word ook Verlosser genoem in die Nuwe Testament, bv. 1 Tim. 1:1, 2:3, Titus 2:10 en Jud.25. God is Verlosser want Hy is die Outeur van die plan van Verlossing. Christus word ook Verlosser genoem, want hy is die agent wat God se plan uitvoer.
________________________________________________________________________________________
Titus 2:13   
…. terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, ….

Nota: Dieselfde kommentaar geld as vir Titus 1:3 hierbo.
________________________________________________________________________________________
Let daarop dat hierdie Skrifgedeelte dit baie duidelik stel dat Yahweh die enigste God is en dat voor Hom was daar geen ander God nie en na Hom sal daar ook nie ‘n ander een wees nie. Hy sê nie “Ons Drie” nie –Hy verwys pertinent na Homself: “Ek, Ek is die HERE”. Hy laat egter wel die deur oop vir die moontlikheid van nog ‘n verlosser in die toekoms.
________________________________________________________________________________________
Hebr. 1:3   
Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,  ….

Kommentaar: Die vers sê nie Jesus is God nie. Trouens, as Jesus God was sou hy sy eie heerlikheid uitgestraal het. Die waarheid is dat hy God se heerlikheid uitgestraal het deur Sy karakter so volkome te reflekteer dat hy kon sê dat as iemand hom gesien het, het hy God die Vader gesien.
_______________________________________________________________________________________

Hebr. 1:5-6   Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?  
En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.  

Kommentaar: Die Grieks vir aanbid is proskuneo wat ook vertaal kan word hulde bring, soos in Mat. 2:2. Dit sou die beter vertaling gewees het.
________________________________________________________________________________________

Hebr. 1:7-8  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer;  

Kommentaar: Hierdie is ‘n aanhaling uit Ps 45:7. Die woord vir “God” in beide Hebreeus en Grieks kan óf God óf god vertaal word, want die hele teks was in hoofletters. Die 1983 vertaling van Ps 45:7 vertaal dit “verhewe wese”. Die konteks van Hebr 1 wys dat dit Yahweh (God die Vader) is wat Christus sy mag en posisie gee – dus is Christus ondergeskik aan Yahweh. Die beter vertaling in hierdie vers sou dus wees god of verhewe wese.
________________________________________________________________________________________
1 Joh. 5:7   Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;  

[Nota: Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van ‘n inskrywing deur ‘n teks-kopieerder wat die bril van drie-enige God opgehad het. Die vers verskyn nie in die betroubaarste oorspronklike manuskripte nie. Dit word deesdae algemeen erken en daarom is dit uitgelaat in die 1983 vertaling en die NLV, asook meeste moderne Engelse vertalings.]
_______________________________________________________________________________________
2 Pet. 1:1    Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:  

Kommentaar: Die betekenis van die vers hang af van waar die vertaler die komma plaas. Onthou daar was geen leestekens in die oorspronklike teks nie. Die gebruik in feitlik al die sendbriewe was om in die openingsverse te verwys na beide God die Vader en na Jesus Christus.  Petrus het nêrens in sy brief Jesus gelykgestel aan God nie. Die beter vertaling van die laaste gedeelte van die vers is:  ” ...onse God, en ons Saligmaker, Jesus Christus..”
________________________________________________________________________________________
Openb. 1:7-8
Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!  
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.  
…….
Hierdie verwys na Yahweh God.

Openb. 1:17
En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste  …..

Hierdie verwys na Christus.

Openb. 22:12-13
En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.  
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.  

Kommentaar:  Sommige van hierdie Skrifgdedeeltes verwys na God en sommige na Christus (as die Alfa en die Omega). Openb 1:7 is van toepassing op God. Die konteks wys dit. Sien Openb1:4-5 waar daar ‘n duidelike onderskeid is tussen “die een wat was en is en wat kom” aan die eenkant en Christus aan die anderkant.

Die uitdrukking “ek is die Alfa en Omega” en “ek is die eerste en laaste” word in die Bybel gebruik vir beide God en vir Christus. …Dit kom vyfkeer voor in die Bybel. Tweekeer in Jesaja, waar dit verwys na God (Jes. 44:6 en 48:12) en driekeer in Openbaring waar dit verwys na die Seun van God (Openb. 1:17, 2:8 en 22:13. Daar is egter geen rede om die twee saam te snoer as een God nie. God is begin en einde omdat Hy werklik die Begin en Einde van alles is. Christus is dit ook, omdat hy die
________________________________________________________________________________________
Stawing vir die punt dat die Heilige Gees nie ‘n aparte Persoon is nie, is die feit dat die sendbriewe se inleiding deurgaans net na God (die Vader) en Jesus Christus verwys, en niks noem van die Heilige Gees nie
________________________________________________________________________________________
eersgeborene uit die dood is, die begin en voleinder van geloof (Hebr. 12:2), die Man deur wie God die wêreld gaan oordeel en die skepper van die nuwe era’s wat voorlê. Dat hy daardie titel dra maak hom nie God nie. Die gesag wat hom verleen is, is afkomstig van God die Vader. Christus is ook die begin van die nuwe skepsels , hy is die eerste een wat weergebore is as nuwe skepping van God, ons volg later.

Slotsom:  Heelwat meer kan geskryf word oor die onderwerp en daar bestaan literatuur wat dit baie vollediger behandel as wat ek gedoen het. Die tekste wat sê daar is net een God, en dit is Yahweh of die Vader, is so duidelik en oorheersend, dat iemand wat nie deur tradisionele leerstellings beїnvloed is nie, dit maklik behoort raak te sien. Ongelukkig het meeste Christene grootgeword met die Drie-enigheid leerstelling (soos ek), wat dit nie so maklik maak nie. Die tekste wat gebruik word om die

Drie-eenheidsleer te verdedig, is meestal óf afleidings wat gemaak word, óf onakkurate vertalings óf invoegings wat nie in die oorspronklike manuskripte gevind word nie. Ek herhaal: Daar is geen vers wat prontuit verklaar Jesus is God nie. Daar is geen vers wat verklaar dat God ‘n Drie-enigheid of Drie-in-een is nie. Daar kan nie weersprekings in God se Woord wees nie. God is ‘n God van liefde wat Homself graag aan die mensdom openbaar. As daar ‘n Drie-eenheid was sou dit baie duidelik en ondubbelsinnig by verskeie tekste in beide Ou en Nuwe Testament gestaan het en sou dit nie 300 jaar vir die Kerk geneem het om daaroor te besluit nie.

Die Christen wat bereid is om teen die stroom te gaan en die waarheid te koester, sal vind dat sy of haar verhouding met God sterker word en dat sy of haar waardering vir Christus, die Seun van die Mens en van God, ons Kaptein, ons Ouer Broer, ons Verlosser en Redder, wat as mens versoekings, verwerping, rou smart, ondraagike pyn en die kruisdood ervaar het, met rasse skrede toeneem.
Eer aan Yahweh, die enige God en Vader, en eer aan Sy Seun, ons Redder…..

Johann Grobler
12 April 2018
U kan die volgende PDF boeke aflaai vir verder studie
1.The Only Perfect Man - Eric Chang.pdf
2.The Only True God Eric Chang.pdf
3.The Real Jesus.pdf