4.
HOOFSTUK 5
ʼn NUWE MENS-
Dit was nie die glinster in ʼn man se oog nie. Dit was nie ʼn drang wat woed in ʼn man se vlees nie. Dit was geen mens se besluit nie. Dit was uit en uit die Vader se wilsbesluit om mense na Christus te trek (Joh. 6:44). Wanneer daardie persoon glo in die Here Jesus Christus, is dit die Vader wat die wedergeboorte laat plaasvind, waardeur hy ʼn kind van God word. Dit is Hy wat dit inisieer.
… aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit … uit die wil van die vlees of uit die wil van ʼn man nie,
maar uit God gebore is. (Joh. 1:12-
Dis God die Vader wat die wedergeboorte inisieer. Die wedergeborene is uit God gebore (1 Joh. 2:29; 3:9). God plant sy onverganklike saad in Daardie mens.Wat? Wil jy vir my sê dit is soos wanneer ʼn mens verwek word? Net so. Behalwe dat hier die saad vanaf God die Vader kom en onverganklike saad is.
… want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike,
deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. (1 Pet. 1:23)
Gebore uit onverganklike saad -
Onthou wat Jesus gesê het? Wat uit die gees gebore is, is gees. Die Heilige Gees bewerk die vereniging van die Gees van Christus (Rom. 8:9) met die gees van die mens (Joh. 3:6). Maar wie die Here aanhang [met die Here verenig—1983 vertaling] is een gees met Hom…. …. julle gees wat aan God behoort.
(1 Kor. 6:17, 20).
Wanneer die spermsel van die man verenig met die kern van die lewelose eiersel in die vrou, word ʼn nuwe lewe verwek. Net so by die wedergeboorte word Christus verenig met die kern van die mens se diepste innerlike, sy lewelose gees, waar daar nou oombliklik ʼn nuwe lewe verwek word. Soos ons vroeër verduidelik het, die gees is waar die ware identiteit en diepste wese van die mens gesetel is. Dit is presies daar waar die verwekking van nuwe lewe plaasvind.
Dit beteken ʼn totale herskepping van nuwe lewe en ʼn nuwe identiteit. Dis nie ʼn kwessie
van God wat mense verander of suiwer van sonde nie -
Die Skrif leer ons dat die Heilige Gees by uitstek getuig, onderrig,tot geheue roep, en veral Christus aan ons openbaar. Hierdie funksies lê by die verstand (Engels: mind), waar die denke, gedagtes, wil en emosies gesetel is—m.a.w. die siel van die mens. En dis presies daar (by die siel) waar die Heilige Gees werksaam is. So lyk ons prentjie van die drie konsentriese sirkels nou:

God, die Vader, volgens sy eie besluit, plant sy Saad in die kern van die persoon se wese, sy gees. Daardie persoon se gees, wat eers dood was, is nou gevul met nuwe lewe.
Ek wil vra dat jy hieroor besin voor jy verder lees. Besef jy watter wonderwerk
die wedergeboorte is? Jou wedergeboorte is die grootste oomblik in jou lewe op hierdie
aarde -
ʼn Totale nuwe lewe is verwek. Al is elke ware Christen wedergebore, weet
meeste nie wat die wedergeboorte behels en die implikasies daarvan is nie. Dit
is die geboorte van iets nuuts. Dit is nie dat die persoon verander het nie, of opgegradeer
of vernuwe is nie. Dit is die bonatuurlike geboorte van ʼn nuwe mens-
… iemand wat één is met Christus, is ʼn nuwe skepping. Die ou dinge is verby,
kyk, die nuwe is hier. (2 Kor. 5:17—Nuwe Lewende Vertaling)
Loop jy met skuldgevoelens rond? Is jy in die verlede mishandel? Dra jy letsels vanaf jou kinderjare? As jy wedergebore is, is dit alles van die verlede! Dit is oorgeneem deur iets wat baie gewigtiger is! Die wedergeboorte van die nuwe mens is ʼn waterskeiding gebeurtenis. Jy is dan ʼn kind van God die Vader omdat Hy jou verwek het en omdat Sy Eniggebore Seun één geword het met jou. Dink daaraan … God die Vader is jou nuwe Pa! Christus woon nou in jou, en daardie nuwe “Christus– mens” kan nie meer sondig nie!
Elkeen wat uit God gebore is, Doen geen sonde nie, Omdat sy saad in hom bly;
En hy kan nie sondig nie, Want hy is uit God gebore. (1 Joh. 3:9)
Dink daaraan: jy het Christus in jou! Jy het Hom in volheid in jou -
... en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my…
(Gal. 2:20)
Die wedergebore gelowige kan nie meer sondig nie! Sy sondige natuur is vervang deur Christus se natuur. Maar ons vind steeds sonde by gelowiges! (Sien 1 Joh. 1:8). Is daar ʼn teenstrydigheid in die Skrif? Hier is die antwoord: Dit is nie die gelowige self wat sondig nie. Dis nie sy ware kernbestaan wat sondig nie, maar eerder die sonde wat nog in hom woon (Rom. 7:17). In sy gees is nie sonde nie, want Christus wat nie kan sondig nie, is verenig met sy gees (1 Kor.6:17)
en is sy enigste lewe (1 Joh. 5:12). Waar woon die sonde dan? In die ander twee elemente van sy menswees: die siel en die liggaam. Kyk weer na die skets.

Dit is in die siel waar die eintlike stryd van die gelowige lê. Dis daar waar oorblyfsels
is van verkeerde gedagtepatrone, gewoontes en “besoedeling” van die wêreld. Dis
daar waar die Heilige Gees grootliks in werking is en dis daar waar die vernuwing
van gemoed moet plaasvind (Rom. 12:2). God is gees, Hy is liefde en Hy is Lewe.
Die wedergeboorte is ʼn liefdesdaad van God die Vader waardeur Hy die gelowige die
hoogste vorm van lewe gee – God se eie oorvloedige lewe (Joh. 10:10). Daardie oorvloedige
lewe is niks anders as Christus self nie (Kol. 3:3-
persoonlikheid.
Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.
…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag
vernuwe. (2 Kor. 4:10, 16 -
Daardie spontane uitleef van Christus, is soos water wat uitborrel uit ʼn fontein. (Joh. 7:38). Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Kyk na die skets:

Dit kan nie deur ons eie werke gebeur nie. Dit begin by God se ingryping in ons lewens deur die wedergeboorte.
Die Skrif leer ons kan met sekerheid weet of ons wedergebore is – sien Rom. 8:16,
1 Joh. 5:13). As jy onseker is of jy wedergebore is, al wat jy jouself hoef te vra,
is: glo ek in Jesus as die Christus -
Dan moet jy begin verstaan dat Christus in jou is en Hy jou enigste ware lewe is. Dan moet jy die Heilige Gees toelaat om Hom wat in jou is aan jou te openbaar, sodat jy Hom beter kan leer ken, asook die omvang van sy onpeilbare liefde. Laat die Heilige Gees deur Sy openbaring jou meer en meer die betekenis en implikasies van die misterie van die wedergeboorte insien en waardeer (Joh. 14:20, Efes. 3:14– 19).
Alle eer en liefde aan ons Vader wie ons in Christus as Sy eie kosbare kinders verwek het, om in Sy huis in die hemel te woon. In Sy huis sal ons met volle
blydskap saamverkeer met Hom,tot in ewigheid… (Ps 16:11, Efes. 2:7).
***
ANDER AANBEVOLE LEESSTOF OOR DIE ONDERWERP:
Christ Liveth in Me (boekie) – deur Warren Litzman
Christus Leef in My – deur Warren Litzman
Nicodemus and the Mystery of the Birthing – deur Warren Litzman
Free at Last! – deur Warren Litzman.
Sien www.christ-
xxx
4.
Dit kan nie deur ons eie werke gebeur nie. Dit begin by God se
ingryping in ons lewens deur die wedergeboorte.
Die Skrif leer ons kan met sekerheid weet of ons wedergebore is
– sien Rom. 8:16, 1 Joh. 5:13). As jy onseker is of jy wedergebore is,
al wat jy jouself hoef te vra, is: glo ek in Jesus as die Christus -
sê as die enigste een wat my kan red (sien Hand. 16:31, 1 Joh. 5:1)?
As jy sê ja, en dit opreg bedoel, is jy wedergebore. Prys die Vader!
Dan moet jy begin verstaan dat Christus in jou is en Hy jou
enigste ware lewe is. Dan moet jy die Heilige Gees toelaat om Hom
wat in jou is aan jou te openbaar, sodat jy Hom beter kan leer ken,
26
asook die omvang van sy onpeilbare liefde. Laat die Heilige Gees
deur Sy openbaring jou meer en meer die betekenis en implikasies
van die misterie van die wedergeboorte insien en waardeer (Joh.
14:20, Efes. 3:14– 19).
Alle eer en liefde aan ons Vader wie ons in Christus as Sy eie
kosbare kinders verwek het, om in Sy huis in die hemel te woon. In
Sy huis sal ons met volle blydskap saamverkeer met Hom, tot in
ewigheid… (Ps 16:11, Efes. 2:7).
***
ANDER AANBEVOLE LEESSTOF OOR DIE ONDERWERP:
Christ Liveth in Me (boekie) – deur Warren Litzman
Christus Leef in My – deur Warren Litzman
Nicodemus and the Mystery of the Birthing – deur Warren Litzman
Free at Last! – deur Warren Litzman.
Sien www.christ-