Christlife Fellowship
Christuslewe Saamkuiergroep
Christlife Fellowship
    West Rand             
videos

Our Partners

See Brochure for May 2012

                                        WAT BEDOEL JY


                                       JY IS WEER GEBORE?

                                          

INLEIDING  

  

 Sommige Christene beweer hulle is “wedergebore”.  Ander sê hulle is

nie seker daaroor nie en party sê hulle weet nie eintlik wat dit beteken

nie. Party sê dit gebeur wanneer jy gedoop word, of wanneer jy in jou

kerkdenominasie aangeneem of as lidmaat bevestig word. Dan is daar

die wat sê dit is wanneer jy ʼn sekere geestelike belewenis ervaar.

  

 Daar is duidelik baie verwarring oor die onderwerp.Dit,nieteenstaande

die feit dat Jesus gesê het dat  tensy ʼn persoon weer gebore word, sal

hy die koninkryk van God nie sien nie (Joh. 3:3-5). Hoe kan dit wees

dat daar soveel onkunde en wanopvattings is oor so ʼn kardinale onderwerp?


  Hierdie boek poog om die wanopvattings uit die weg te ruim en

ʼn  duidelike  en  akkurate  uiteensetting  te  gee  van  wat  die

wedergeboorte  behels, asook hoe jy kan weet of jy weer gebore is.

Hierdie boekie bevat van die belangrikste inligting wat jou lewe kan

verander,as jy ʼn oop gemoed het.  


 Die wedergeboorte is veel belangriker as ʼn persoon se geboorte

uit  sy  moeder  se  skoot.  ʼn  Persoon  se  wedergeboorte  is  die

belangrikste gebeurtenis in sy of haar lewe. Die implikasies daarvan is

ewigdurend en so enorm, dat woorde nie naby daaraan kom om dit te

beskryf nie.


  Daar is ʼn misterie gekoppel aan die wedergeboorte. Hierdie

misterie is nie ʼn geslote geheim nie; dit is iets wt net die Heilige Gees

kan openbaar. Om dit te verstaan moet ons iets van God se karakter en

Sy plan vir die mens verstaan. En daarvoor moet ons teruggaan na die

begin… In hoofstuk 1 begin ons met die begin...

                                       


                                                                                       

Bladsy 1 Bladsy 2 Bladsy 3 Bladsy 4
1.