Home

About

Articles

Ons

Site Map

                                                             3.

Christus Leef in My

Dit is juis liefde wat Hy nie van Lucifer ontvang het nie. Al wat Hy wou hê as die God van liefde, was wedersydse liefde van die skepsel af. God het gesien dat Hy nie daardie liefde kon kry deur bloot ‘n skepsel te skape nie, selfs al was die skepsel toeberei om ‘n keuse te maak.  So dan, deur Sy onbeskryflike genade, sou God daardie skepsel toelaat om na verloop van tyd, ‘n krisis te bereik waar hy die behoefte aan ‘n Verlosser sou erken.  By daardie krisisoomblik, sou God self, sonder enige inspanning van die skepsel, ‘n ander persoon in daardie skepsel verwek. Daardie persoon is Christus. God sou Sy Seun, Sy Saad (1 Pet. 1:23) in daardie skepsel plaas, en Hy sou op daardie Seun, daardie Saad,  staatmaak om sy behoefte aan liefde te vervul.


Christus, die Vervulling van God se Vader-Gees

Dit was God se oogmerk vanaf die begin af dat Sy plasing van Christus in die skepsel die vervulling sou wees van al wat God benodig van daardie skepsel.  Christus sou daardie skepsel se wysheid, geregtigheid, heilgmaking en verlossing wees (1 Kor. 1:30). Hierdie vers in 1 Korintiërs toon aan dat God dit so sou bewerk. Die vervulling kom nie as gevolg van die skepsel se geestelike groei nie, die skepsel se geloof, of die skepsel se eie inspanning nie. Dit sou eerder iets wees wat God self sou doen, wat niks vereis van die skepsel nie. Dit sou die kern en wese van genade wees.  Dit wat God wou hê, was ooglopend wedersydse liefde, en die enigste manier waarop Hy dit kon kry was om die ware Liefhebber, Christus, in die skepsel te plaas. God sou op daardie Liefhebber peiltrek om Sy eie behoeftes te vervul. Hierdie plasing van Christus in die gelowige, is uiteraard die eenvoudige verlossingsplan. Jammer om te sê, maar dit is nie die evangelie wat vandag gepredik word nie. Daar is talle van God se mense wat geesdrif verloor het te midde van twyfel, vrees, frustrasie en selfs ongeloof, want hulle kan nie duidelik sien wat God vandag sê en doen nie.


Die Gelowige het nou al Ewige Lewe

Ons kom nou by by die pylvak waar verskeie punte behandel moet word om te kan verstaan presies hoe dit gebeur dat Christus in ons lewe, en hierdie punte is die basis van die bespreking wat die res van hierdie boekie omvat.


Die eerste punt is dit: die Christus wat in ons is, is nou ons ewige lewe. Dit klink ongelooflik dat die gelowige wat ewige lewe het wat in hom inwoon, skynbaar nooit tot die verstaan daarvan kom sodat dit ‘n impak op sy daaglikse lewe  maak nie. En tog is dit so dat die konsep van ewige lewe ‘n verskil maak vir die een wat dink aan sy afsterwe. Selfs al lyk dit partykeer asof dit min verskil maak aan ‘n persoon se daaglikse wel en weë, bly die feit staan dat elke wedergebore gelowige reeds hier en nou, ewige lewe besit. Wat ‘n merkbare verskil sal daar nie wees in ‘n persoon se alledaagse lewe nie, as daardie konsep by hom gestalte kry as sy standaard lewensuitkyk.


Ofskoon die idee van ewige lewe voorsien word in die Ou Testament, is die konsep van ewige lewe grotendeels ‘n Nuwe Testamentiese openbaring, omdat ewige lewe volg op die wedergeboorte. Jy moet wedergebore word, en daaruit voortspruitend het jy ‘n heeltemal ander nuwe lewe.  Ons begrip van “ewige lewe” is gegrond op die vertaling uit die Grieks van zoe (lewe) en aionion (ewige). Die uitdrukking word deurgaans in die Nuwe Testament gevind, maar veral in die Evangelie van Johannes en die Brief van 1 Johannes. “Zoe” kom 134 keer voor en is elke keer vertaal as “lewe” in die Briewe.  Die term “zoe” word deurgaans gebruik om ewige lewe aan te dui (1 Joh. 5:12),  terwyl “aionios” meestal gebruik word om ewige lewe van gewone fisiese lewe te onderskei.  Al het ons fisies lewe deur die lewe in ons liggame, is ons nie meer “liggaam-mense” nie. Ons is “gees-mense” deur Christus wat by ons inwoon. Die konsep van ewige lewe word in die Skrif meestal onderskei van fisiese lewe. ‘n Goeie omskrywing van ewige lewe is deur Christus verskaf in Joh. 17:3 toe Hy gesê het: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Hieruit sien ons dat ewige lewe is ‘n faset van God se genade  waardeur die gelowige tot volle kameraadskap (fellowship) met God kom deur die Seun-lewe wat nou, in die hede,  in hom bly.


Hierdie volle kameraadskap of fellowship is inderdaad in teenstelling met Lucifer, die geskape een, wat nooit uitgekom het by kameraadskap met die Vader nie. Oor en oor in die Nuwe Testament word ewige lewe gekontrasteer met gewone fisiese lewe. So byvoorbeeld vind ons in Efesiërs 2:1 dat om fisiese lewe te hê sonder ewige lewe is dieselfde as om ongered, veroordeel of verlore te wees. In teenstelling daarmee, diegene wat ewige lewe het word verklaar gered te wees, met die belofte dat hulle nooit verlore sal gaan nie (Joh. 3:15-16).; Selfs in die geval van die gelowiges, word ewige lewe eers ontvang wanneer geloof in Christus uitgeoefen word (Efes. 2:1, 5). Ewige lewe word gelykgestel met wedergeboorte, en word ontvang onmiddellik as ‘n persoon wedergebore word. Dit is ‘n gevolg eerder as ‘n oorsaak van verlossing, maar ewige lewe word gekoppel aan omskakeling van n geestelike dooie na geestelike lewendige persoon, of die manifestasie van die nuwe lewe in Christus. Ewige lewe is die Saad wat God in die gelowige plaas, en daardie Saad is Christus (1 Pet. 1:23).


Die Heilige Gees en die Gees van Christus

Ewige lewe word verleen deur die werking van die Heilige Gees op die oomblik wat ‘n sondaar in die Here Jesus Christus glo. Net soos wat dit was met die vleeswording van Jesus Christus, is dit met die gelowige. Die Drie-enigheid is direk betrokke by die verleen van lewe. Volgens Jakobus 1:17-18 is dit die Vader wat Sy geestelike kinders verwek het. Die lewe wat aan die gelowige geskenk is word geïdentifiseer met die lewe wat in Christus is (Joh. 5:21); 2 Kor. 5:17; 1 Joh. 5:12). In ander Skrifgedeeltes word die Heilige Gees uitgebeeld as die Een wat nuwe lewe bring deur middel van kennis wat Hy het. (die gelowige wederbaar maak)(Joh. 3:3-7; Titus 3:5).


‘n Belangrike punt wat hier gemaak moet word is dat die Heilige Gees nie Christus is nie. Christus is Sy eie persoon en het Sy eie gees.  So verklaar die Apostel Paulus: “Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie” (Rom. 8:9). Dit beteken nie “... dat niemand die Heilige Gees nie het nie,” want die Heilige Gees is met die sondaar om hom te trek na Christus. Die Heilige Gees vind ingang in die sondaar se sielsgedeelte (verstand, wil en emosies) by wedergeboorte, maar Hy is nooit die gees wat lewe is nie. Die konsep van ‘n nuwe skepping behels nie net die besit van ewige lewe nie, maar ook ‘n nuwe natuur, want “die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor. 5:17). Die gevolg hiervan is dat  waar Christus in die gelowige leef, beteken dit dat die gelowige nou reeds ewige lewe besit. Daardie lewe is die Seun-lewe; dus is dit lewe in die Seun.

                                                                                                         3.


Laai hierdie artikel “Christus lewe in my.pdf” hier af.

Gaan na bladsy 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.